
=====================================================================
Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Studente wil in Afrikaans feesvier

DIE studente en dosente van die Departement Afrikaans van die Universiteit Vista in Welkom is besig met voorbereidings vir 'n Afrikaanse 
fees wat hulle op 1 en 2 September op die kampus wil hou.

'n Sang- en voordragprogram uit voorgeskrewe letterkunde, 'n werkswinkel vir onderwysers van Afrikaans Tweede Taal, 'n redenaarskompetisie 
in samewerking met die Afrikaanse Redenaarsakademie van Welkom en die aanwys van 'n Mnr., Mej. en Mev. Afrikaans is van die verrigtinge wat 
beplan word.

Met di fees wil die studente Afrikaans bevorder en terselfdertyd 'n fondsinsameling hou ten bate van hul sanggroep wat beoog om vanjaar op 
informele wyse aan die Aardklopfees in Potchefstroom deel te neem.

Die Departement Afrikaans van Vista in Welkom is in 1988 amptelik deur Barend Badenhorst aan die gang gesit, en hy bied steeds die 
taalkundelesings aan vir studente van die eerste jaar af tot op honneurs- en M.A.-vlak.

Hoewel Welkom een van die kleiner Vistakampusse is, loop hy kop aan kop met die ander kampusse wat studentegetalle in Afrikaans betref. 
Veral die deeltydse mense ry van oral uit die streek en omliggende dorpe - soms meer as 160 kilometer heen en weer - om weekliks die klasse 
te kan bywoon.

Die Departement Afrikaans met kampusse in Port Elizabeth, Bloemfontein, Welkom, Sebokeng, Soweto, Pretoria, Mamelodi en die Oos-Rand het as 
geheel tot dusver 450 geregistreerde studente.

Ou Afrikaanse tydskrifte is vir die werkswinkel en vir studente se portefeuljes nodig. Mense wat van tydskrifte of boeke wil ontslae raak, 
kan Marietjie Smith, Barend Badenhorst of Corien de Beer tydens kantoorure bel by: (057) 396-4112. Fakse kan na (057) 396-3331 gestuur 
word. Marietjie se e-posadres is: smith-me@weasel.vista.ac.za. Marietjie Smith, letterkundedosent in die Departement Afrikaans, Welkom.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7324.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

